
Foto’s van julle, net soos julle is.
Ek neem swangerskaps-, gesins-, geleentheids- en troufoto’s in Pretoria en omgewing, buite in die veld of sommer by julle huis.

Hallo, ek is Lize-Mari. Ek neem natuurlik ook die groepfoto vir Ouma, maar my gunstelinge is die foto’s tussenin: wanneer julle lag, gesels en met die kinders speel. Dit is gewoonlik die foto’s wat later teen die muur hang.
Leer my kenWat ek afneem

Swangerskap
Buite of by jou huis, verkieslik tussen 28 en 34 weke. Ek het rokke wat jy kan leen.
Vanaf R 1 950

Gesin
In ’n park, ’n veld of by julle huis. Kinders mag maar kinders wees.
Vanaf R 1 650

Geleenthede
Verjaarsdae, doopdienste, kinderpartytjies en klein funksies, teen ’n uurtarief.
Vanaf R 1 200
NuutTroues
Van die voorbereiding tot die eerste dans. Ek doen ook verloofsessies.
Vanaf R 5 500



Daar’s ’n baba op pad
’n Middag in ’n formele tuin, met ’n sonarfoto in die hand. Hulle het die foto’s gebruik om die nuus vir familie en vriende te vertel.
Lees die storieHoe dit werk
- 01
Navraag
Stuur ’n navraag of ’n WhatsApp. Ek antwoord binne een werksdag.
- 02
Beplanning
Ons kies saam ’n plek en ’n tyd, en ek help jou besluit wat om aan te trek.
- 03
Die sessie
Ek gee rigting deur die hele sessie, sodat niemand hoef te wonder wat om te doen nie.
- 04
Jou foto’s
Binne 14 dae kry jy ’n privaat aanlyn album om na te kyk, te deel en af te laai.

Wat trek ons aan?
My gids help jou met kleure, materiaal en wat om liewer nie aan te trek nie.
Lees die gids
Naweke raak vinnig vol.
Besprekings vir 2027 is oop. Ek neem net ’n paar sessies per maand, so bespreek vroeg as jy ’n spesifieke datum wil hê.








